Welkom by NG Losberg in Fochville
BELANGRIKE NUUS
Goeie dag almal.
Kerk is weer aan die gang. Kom gerus na on diens Sondae 9:00
Kontak die Kerkkantoor by 018 771 6067 Ma – Vr 09:00 tot 12:00 vir enige inigting.
Meer oor Ons

Losberg (1935)
Die NG Gemeente Losberg in Fochville is ‘n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die kerkgebou is by Kerkstraat 54, Fochville geleë.
Die gemeente Losberg is presies die 100ste gemeente van die Transvaalse Kerk, Hoofsaaklik van die eerste en oudste gemeente in Transvaal, nl. Potchefstroom afgestig, en wel op 11 April 1935. Ook van die gemeentes Roodepoort, Vereeniging en Mooirivier is indertyd gedeeltes ingesluit.
Uit die saamgevoegde dele het die gemeente onder die seënende hand van God op stoflike en geestelike gebied deur die jare tot ‘n redelike welvarende gemeente gegroei. Sedertdien is ‘n gedeelte van die gemeente afgestig met die totstandkoming van die gemeente Venterspost.
Die Sentrum van die gemeente is in die dorpie Fochville, wat rustig geleë is tussen Losberg aan die een kant en die Gatsrand aan die ander kant. Nie ver van die dorp nie, op die Danie Theron-koppie in laasgenoemde reeks rante, staan die gedenksuil wat onlangs deur die Voortrekkerbeweging opgerig is ter gedatenis aan die held uit die Anglo-Boere-oorlog, kommandant Danie Theron, wat gesneuwel het toe hy alleen ‘n patrollie Engelse soldate beveg het, wat in die rigting van die koppie beweeg het.
‘n Sierlike kerkgebou (D.V.) was toe opgerig. Die eerste leraar van die gemeente was ds. G. Nel
Webjoernaal
TIK JOU EPOS IN EN KLIEK DAN OP “SLUIT AAN” OM JOU PER EPOS TE LAAT WEET AS DAAR NUWE INLIGTING OP DIE WEBJOERNAAL GELAAI IS


Ontvang die boodskap
Videos
Preek en oordenking Videos

Ontvang die boodskap
Lees Materiaal
Preek en oordenking lees materiaal

Musiek
Luister na heerlike musiek op die web

Jeug
Kyk bietjie wat doen ons jeug

Algemeen
Algemene wenke en inligting
Omgee

Gebedsgroep
“AS TWEE VAN JULLE SAAMSTEM OP DIE AARDE OOR ENIGE SAAK WAT HULLE MAG VRA, DIT SAL HULLE TEN DEEL VAL VAN MY VADER WAT IN DIE HEMELE IS. WANT WAAR TWEE OF DRIE IN MY NAAM VERGADER, DAAR IS EK IN HULLE MIDDE”
(MATT. 18:19-20)
Het jy, of dalk ‘n familielid, vriend of vriendin gebed nodig? Bring jou behoefte na ons gebedsgroep. Moet nie die kragte van gebed onderskat nie.
Alle gebeds versoeke sal as streng vertroulik hanteer word.
Het jy dalk ‘n gawe of ‘n passie vir gebed en wil by ons Gebedsgroep aansluit as ‘n Gebedstryder (Prayer Warrior)
Kontak ons Gebedsgroep vir ‘n gebeds versoek of om aan te sluit op die volgende nommer.
Jy kan skakel, sms, of ‘n whatsapp stuur.
Kontaknommer:
Mariette 073 000 2441

Omgee vir mekaar
Om ‘n verskil te maak in iemand se lewe..
Hoef jy nie briljant, ryk, mooi of perfek te wees nie.
Jy moet net omgee
Weet jy van iemand wat die volgende nood mag hê: (dalk jyself)
* Siekte
* Hartseer
* Dood
* Benodig hulp met voedsel
* Benodig hulp met vervoer om dringend dokter toe of winkel toe moet gaan
* Ens.
Wil jy dalk help of betrokke raak met die “Omgee vir Mekaar” groep, deur die volgende:
* Finansiële ondersteuning
* Donasie vir kos, skakel ons om uit te vind wat ons benodig
* Help met Vervoer
* Help met versorging / kuiertjies
* Ens.
Kontak hierdie diensgroep:
* Met ‘n versoek om hulp
* of om aan te meld vir diens
Jy kan skakel, sms, of ‘n whatsapp stuur.
Kontaknommer:
061 873 3443
Kontak Ons
[googlemaps https://www.google.com/maps/embed?pb=!1m18!1m12!1m3!1d3570.856241514563!2d27.494129015194844!3d-26.492573182193155!2m3!1f0!2f0!3f0!3m2!1i1024!2i768!4f13.1!3m3!1m2!1s0x1e95cbd12bfc8dc5%3A0x3edcbad553b2191c!2sNederduitse%20Gereformeerde%20Kerk%20-%20Losberg!5e0!3m2!1sen!2sza!4v1584960244363!5m2!1sen!2sza&w=600&h=450]
